LAG EN DANS.

Plaas al jou probleme eenkant in ʼn kas om later uit te sorteer.  Maak nou tyd vir die ligte kant van die lewe.  Gee jouself oor aan plesier, musiek, dans en samesyn met goeie vriende.  Glimlag en wees net gelukkig.  

Maak nie saak wie jy is, of hoe oud jy is en van watter musiek jy hou nie.  Sit ʼn CD in die speler  en dans. Strek jou arms wyd, maak jou oë toe, glimlag,  en gee jou oor aan die ritme.  Dit is die mees bevrydende aksie wat jy vir jou self kan doen …en dit kos niks.

 As jy fisies nie in staat is om te dans nie , maak jou oë toe en visualiseer hoe jy dans, hoe jy sonder enige inhibisies jou oorgee aan die ritme van die musiek.  Doen dit met oorgawe en jy sal nie glo hoe dit jou vrymaak van jou daaglikse sorge nie.

Niemand anders is verantwoordelik vir jou geluk nie net jy. 

 Selfbeeld en Selfvertroue

Selfbeeld is hoe jy jouself sien in terme van wat jy reeks bereik het, jou verhoudings met ander mense soos familie, vriende en kollegas en jou status in die samelewing. Inderwaarheid is dit die beeld wat jy van jouself het in jou onderbewussyn.   Om ʼn goeie selfbeeld te hê beteken dat jy jouself hoog ag en respekteer en dit is meestal die rede hoekom ander mense jou ook respekteer.  Mense met ʼn goeie  selfbeeld is gewoonlik gelukkig en het natuurlik baie selfvertroue.  ʼn Goeie selfbeeld is ook bepalend in die mate van sukses wat jy in jou loopbaan en persoonlike lewe behaal het.

Faktore wat mense se selfbeeld negatief kan beïnvloed is voorkoms, tekort aan liefde, negatiewe opvoeding en gesinsverband, egskeiding, en nog vele meer.

Mense met ʼn lae selfbeeld of eiewaarde, het min of geen selfvertroue. Elke probleem kan uit verband geruk word en hulle blameer altyd hulself vir alles wat verkeerd loop.  Terwyl algemeen aanvaar word dat ʼn lae selfbeeld sy oorsprong in ʼn persoon se kinderjare het, is dit nou moontlik dat sulke mense se selfbeeld in hulle volwasse lewe dramaties verbeter kan word.

"Verander die manier hoe jy dink oor jouself en verander jou hele lewe”!!!

Dit is werklik waar !


Deur te leer om positief te dink en om afbrekende kritiek teenoor jouself ten alle tye te vermy, kan jou selfbeeld dramaties verbeter

Hoe meer jou brein gestimuleer word met positiewe en optimistiese denke des te meer kan die manier van denkwyse vasgelê en gevestig word in jou onderbewussyn.

Deur gereeld te luister na die positiewe en opbouende boodskappe en bevestigings van Breinstimulus se oudio program vir Selfbeeld en Selfvertroue kan jy nou daadwerklik ʼn verandering in jou lewe teweegbring. Soveel so, dat om positief en optimisties te wees ʼn gewoonte kan word wat dan ʼn merkwaardige verandering in  jou lewe kan  bewerkstellig…

Hoe meer jou brein gestimuleer word met positiewe en optimistiese denke des te meer kan die manier van denkwyse vasgelê en gevestig word in jou onderbewussyn.

(All our programs are also available in English)

    Oudio Program vir Selfbeeld en Selfvertroue


Vir die beste resultaat luister na die Program met stereo oorfone)

Die program begin met spesiale gekomponeerde musiek..... Sagte klanke van ʼn kitaar en die golwe van die see, wat jou heerlik sal laat ontspan. Dit sal jou ook meer ontvanklik maak vir die positiewe en opbouende boodskappe en bevestigings wat jy sal hoor.    

Die dubbele of duel boodskappe en bevestigings wat jy gaan hoor is ʼn unieke en baie effektiewe manier om die onderbewussyn te herprogrammeer. Elke oor ontvang ʼn duidelike boodskap spesiaal vir die linkerbrein en regterbrein onderskeidelik. 

Wanneer jy luister na Breinstimulus se Oudioprogramme   hoor jy duidelik die verskillende boodskappe/bevestigings in elke oor. Elke boodskap/bevestiging word verskeie kere herhaal om dit te vestig en vas te lê in jou onderbewussyn.  

Om gelyktydig te luister na twee verskillende boodskappe is glad nie verwarrend of steurend nie en ʼn mens word gou gewoond daaraan..  Eerstens hoor jy strelende musiek en dan eers die boodskappe in jou linkeroor en dan stelselmatig die bevestigings in jou regteroor. Elkeen kom duidelik deur, dus is dit nie nodig om te konsentreer nie, ontspan en geniet dit.


Bestel die Volledige Program  Prys  R275.00

(posgeld ingesluit en aflewering met versekerde pos  in R.S.A. en Namibie binne 3 dae.)

Vir meer Inligting  en om te bestel

: e-mail :  Breinstimulus@gmail.com